Benelli & ATA Haelgeweer Voeljag





Benelli ATA & Wild en Jag saam met Koos Barnard

Ek het Saterdag oggend n ou vriend Koos barnard op n ruit verwysing wat ek elektronies aan hom gestuur het ontmoet. Ek was 20min laat sonder koffie met darem n koue eier roosterbroodjie toebie, Koos was eerste daar bitter opgewonde met n koppie tee in die hand reg om te roer. Ons was by die boer se hek ek met een van die volk wat in die pad verby geloop bevestig het dat ons op die regte plek was. Ons is in om die boer te ontmoet ons is ontvang met n lekker koppie boere troos, van daar uit veld toe waar jy die voels kon hoor roep orals om die lande. Ek het gou probeer wys hoe die honde werk en die Benelli Haelgewere aanmekaar gesit.Die roep van die voels en die reuk van die veld het my in my eie wereld geplaas en ek kon my hart hoor klop en dit het veroorsaak dat naagelaat het om die twee nuwe skuts mooi te verduidelik hoe die voeljag oor honde werk. Daar trek ons oor ywerig weg sonder om regtig mooi na die werking van die wapens te kyk of om mooi te verduidelik aan die skuts wat om te doen of the verwag. Daar was goeie werk van die honde sonder sukses van die skuts. Ons het aangeskuif na n volgende area hier het ons ons eerste sukses behaal Koos Barnard & Hennie Basson het soos profesionele haelgeweer skuts 100% behaal na aan hulle verduidelik is hoe die wapen werk en hoe om die hond wat op point is te benader. Ons het n breek gevat na die eerste loop sessie om n wors broodjie met koeldrank te geniet, 2h30 het ons weer wegespring Bullet het goeie werk gelewer wat n groot glimlag op Koos en Hennie se gesigte gelos het, later het Dollar n haas vas gepen Hennie het met sukses die haas platgetrek. Koos het n lang skoot op n water voel gehad wat hy laat tuimel het, honde het die voel mooi gebring so het die res van die dag aangehou, ver gestap Hennie en Jan. en en al die kinders het kans gehad om haelgewere te toets. Honde het met hulle werk nuwe voeljagters opgewonde en borrelend met stories gelos, ek is seker hulle sien uit na die volgende jag na n heerlike braai is almal huistoe......so sien ons uit na die volgende voeljag.

No comments: